'N Lig Wat Skyn Soos Jy

Nou lê my siel weer stil want jy is mos hier
En ek dink weer vanaand aan die tye wat ons saam kon vier
Gister is nou verbreek en vir goed verby
En die more staan en klop al aan my deur

Met ‘n lig wat skyn soos jy is die nag vir goed verby
En hoef ek nooit te kyk waar donker spore lê
Met ‘n lig wat skyn soos jy oor die pad wat ek moes ry
Wil ek weer my hart en siel, my als vir jou kom gee

Bome die lag en sing want jy's weer by my
En die wind waai ‘n draai oor my hart as hy jou spoor hier kry
Die wêreld is stom en staar want my oë vertel
Van ‘n wit perd man met ‘n splintenuwe spel

Met ‘n lig wat skyn soos jy is die nag vir goed verby
En hoef ek nooit te kyk waar donker spore lê
Met ‘n lig wat skyn soos jy oor die pad wat ek moes ry
Wil ek weer my hart en siel, my als vir jou kom gee

Jy is ‘n mens wat in my drome kom woon en bly
Jou wil ek hê, jy het my hart bevry
Jy was, jy is, sal altyd wees

Met ‘n lig wat skyn soos jy is die nag vir goed verby
En hoef ek nooit te kyk waar donker spore lê
Wil ek weer my hart en siel, my als vir jou kom gee

Trivia about the song 'N Lig Wat Skyn Soos Jy by Rina Hugo

When was the song “'N Lig Wat Skyn Soos Jy” released by Rina Hugo?
The song 'N Lig Wat Skyn Soos Jy was released in 2009, on the album “Rina”.

Most popular songs of Rina Hugo

Other artists of Middle of the Road (MOR)