Boggerol Niks

Sy sê ek is plat soos 'n mat platsak soos 'n gat in die dak as dit reën
Sy sê ek pik verward soos 'n skobbejak brak wat moet kies vir 'n kat of 'n been
Sy't my onderskat soos 'n Goliat en dalk is my klippies klein
Sy't 'n skaakmat lag hy's ses perdekrag dis te veel vir my brein

Maar wat kan ek doen terwyl jy my soen
Niks nie net mooi boggerol foggerol niks nie, niks nie net mooi boggerol niks
Wat kan ek sê as sy op my lê

Ek vat haar aan met my handskoen aan met 'n langnek tang want ek's bang
Sy sê ek is sat soos 'n nat sak pap wat die hele somer hang aan 'n dam
Ek is diep in die sop daar's 'n wolk in my kop en dis my beurt om te praat
Ek sê oe, aa, shoebidoebi wa rabadaba ba

Maar wat kan ek doen terwyl jy my soen
Niks nie net mooi boggerol foggerol niks nie, niks nie net mooi boggerol niks
Wat kan ek sê as sy op my lê
Niks nie net mooi boggerol foggerol niks nie, niks nie net mooi boggerol niks

Ek sê oe, aa, shoebidoebi wa rabadaba ba
Ek sê oe, aa, shoebidoebi wa rabadaba ba

Maar wat kan ek doen terwyl jy my soen
Niks nie net mooi boggerol foggerol niks nie, niks nie net mooi boggerol niks
Wat kan ek sê as sy op my lê
Niks nie net mooi boggerol foggerol niks nie, niks nie net mooi boggerol niks

Maar wat kan ek doen terwyl jy my soen
Niks nie net mooi boggerol foggerol niks nie, niks nie net mooi boggerol niks

Net mooi boggerol niks

Most popular songs of Steve Hofmeyr

Other artists of Middle of the Road (MOR)