Engele Om Ons

STEVE HOFMEYR

Ek gee nie rêrig om hoe laat nie
Ek sal beter voel as jy net kom
Ek weet nie hoekom bly ons kwaad nie
Die ure wat ons mors daarom

Die wêreld doen sy ding met of sonder ons daarin dis ek en jy wat hier bly staan
In elke uur se vrees kon ek in jou arms wees, maar ons verkies om ver te staan
Ek staan hier en jy staan daar en alles wat ons wil word deurmekaar, waar's die engele om ons

Die son trek heeltyd water en die ure wik en weeg
En ons liefde wat 'n see was lyk so baie anders leeg (Die son trek heeltyd water)
En die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind toe die engele dit kom weeg

Ek lees jou in my leë kamers
Daar's vere op my ou matras
Ek wens ek kan dit als verander
Toe engele nog om ons was

Want die wêreld doen sy ding met of sonder ons daarin dis net ek en jy wat hier bly staan
In elke uur se vrees kon ek in jou arms wees, maar ons verkies om ver te staan
Ek staan hier, jy staan daar en alles wat ons wil word deurmekaar, waar's die engele om ons

Die son trek heeltyd water en die ure wik en weeg (Die son trek heeltyd water)
En ons liefde wat 'n see was lyk so baie anders (Leeg)
Die son trek heeltyd water en die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind toe die engele dit kom weeg

Die son trek heeltyd water en die ure wik en weeg (Die son trek heeltyd water)
En ons liefde wat 'n see was lyk so baie anders (Leeg)
Die son trek heeltyd water en die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind toe die engele dit kom weeg

Trivia about the song Engele Om Ons by Steve Hofmeyr

On which albums was the song “Engele Om Ons” released by Steve Hofmeyr?
Steve Hofmeyr released the song on the albums “Grootste Platinum Treffers” in 2006 and “Icon” in 2014.
Who composed the song “Engele Om Ons” by Steve Hofmeyr?
The song “Engele Om Ons” by Steve Hofmeyr was composed by STEVE HOFMEYR.

Most popular songs of Steve Hofmeyr

Other artists of Middle of the Road (MOR)