Jou Hart Is Weer Myne

Die lewe was tog so soet vir my, want jy was altyd daar
Toe het jy die gevoel gekry, my liefde was onwaar
My liefde was onwaar

O, waar is jy
Kom terug na my

Jou hart is weer myne
Ons is weer bymekaar
Na soveel lange jare
Word liefdeswense waar

Jou hart is weer myne
Ek het jou nie verloor
Na soveel eensaam aande
Kom jy my weer bekoor
Jy het my lied gehoor

Nou weet ek daar was 'n ander een wat jou van my wou steel
Met valse woorde wou jy jou hart met iemand anders deel
Met iemand anders deel

O, waar is jy
Kom terug na my

Jou hart is weer myne
Ons is weer bymekaar
Na soveel lange jare
Word liefdeswense waar

Jou hart is weer myne
Ek het jou nie verloor
Na soveel eensaam aande
Kom jy my weer bekoor
Jy het my lied gehoor

Jou hart is weer myne
Ons is weer bymekaar
Na soveel lange jare
Word liefdeswense waar

Jou hart is weer myne
Ek het jou nie verloor
Na soveel eensaam aande
Kom jy my weer bekoor
Jy het my lied gehoor

Most popular songs of Steve Hofmeyr

Other artists of Middle of the Road (MOR)