Langkoebaai

Was die lang koebaai net tydelik is jou hart van my verlos
In die donker is dit duidelik die leemtes wat jou asem los
Was die berge agter Bonnievale net een te veel vir jou
Dat jy hierdie plek moes kies vir my waar my hart moet klippe kou

Is dit ure, dae of jare
Of is jy net hier om die draai
Hoe lank is die lang koebaai my skat hoe lank is die lang koebaai

Dis die langste wat ek hier moes sit en kyk hoe kom en gaan
Die somers blou en winters wit wat tussen ons kom staan
In die voorruit hang 'n dissel dis die stilte van die staan
Of sal die ratte wat ek wissel
My ver vat hier vandaan

Is dit ure, dae of jare
Of is jy net hier om die draai
Hoe lank is die lang koebaai my skat hoe lank is die lang koebaai
Hoe lank is die lang koebaai my skat hoe lank is die lang koebaai

Is dit 'n waai of 'n baai of 'n nooit weer nie is dit skoppelmaai raai of ooit weer nie
Is dit 'n pak jou tas sal ons ooit weer hier kom staan

Hoe lank is die lang koebaai my skat hoe lank is die lang koebaai
Hoe lank is die lang koebaai my skat hoe lank is die lang koebaai

Hoe lank is die lang koebaai my skat hoe lank is die lang koebaai
Hoe lank is die lang koebaai my skat hoe lank is die lang koebaai

Most popular songs of Steve Hofmeyr

Other artists of Middle of the Road (MOR)