Malpitmuti

Gee my malpit muti vir die poegaai kind
En 'n splinter nuwe donkie vir Klaas Geswind
En 'n dubbel doses Disprin om die bloed te verdun
Want my hart klop weer swaar want hy staan weer punt

Na daai plekkie waar ons alles vir mekaar wou vra
En nog 'n bietjie asem om ons woorde te dra
Het ons beloftes daar begrawe vir as die Kaap sou vergaan
By 'n bordjie duskant Stompneusbaai wat altyd sal staan

Ek hang soms aan die enkels van die engele hoog
Ek staan soms op die skouers van die reuse daar bo
En ek wens so ek kan ons s'n bly en ons ewig jonk
Maar ek voel eers ek kan alles doen as jy
My liefling noem

Gee my warm pit russies en ek hoop dit brand
Haal die prentjies gou-gou weg soos in 'n ou koerant
Mag die smaak in my mond liewer niemand slaan
Want jy dans weer op my lippe onder Waenhuiskrans

'n Kraakvars nuwe bladsy wat ek om mag slaan
En 'n dubbel doses Witblits as my engin gaan staan
Want as ek nie meer jou liefling is nie is ek gedaan
By 'n bordjie duskant Stompneusbaai daar sal ek staan

Ek hang soms aan die enkels van die engele hoog
Ek staan soms op die skouers van die reuse daar bo
Maar ek wens so ek kan ons s'n bly en ons ewig jonk
Maar ek voel eers ek kan alles doen as jy
My liefling noem

Ek hang soms aan die enkels van die engele hoog
Ek staan soms op die skouers van die reuse daar bo
Maar ek wens so ek kan ons s'n bly en ons ewig jonk
Maar ek voel eers ek kan alles doen as jy
My liefling noem

Trivia about the song Malpitmuti by Steve Hofmeyr

When was the song “Malpitmuti” released by Steve Hofmeyr?
The song Malpitmuti was released in 2010, on the album “Duisend En Een”.

Most popular songs of Steve Hofmeyr

Other artists of Middle of the Road (MOR)