Tjoklitbeksoentjies

STEVE HOFMEYR

Ek is ek en ek's jou gek
Jy is jy want jy is vry agter jou aan
Daar kom ek aan
Ek is hier te kort en daar te lank
Vir jou is alles net vir nou jy weet vir my
Is dit lewenslank

Sonder jou tjoklitbeksoentjies, so sag soos katoentjies is my hart weer in stukke gekneus
Jou tjoklitbeksoentjies so rond soos pampoentjies so nat soos 'n worshond se neus

Ek is ek en dies my plek my tafel is vir twee gedek met tjoklits vir my
As ek ophou huil
Ek is hier gekwes en daar gewond ek gee bes soos tjoklits lê stukkies van jou
In my lewe rond

Sonder jou tjoklitbeksoentjies is ek onvoldoentjies 'n halwe boks tjoklits is leeg
Jou tjoklitbeksoentjies gereeld soos seisoentjies is my lewe bittersuurdeeg

Ek's jou held maar ek sal smelt
Sonder jou om my gevou
Soos liefde gesink
In papiertjies wat blink

Trivia about the song Tjoklitbeksoentjies by Steve Hofmeyr

When was the song “Tjoklitbeksoentjies” released by Steve Hofmeyr?
The song Tjoklitbeksoentjies was released in 2010, on the album “Laaities & Ladies”.
Who composed the song “Tjoklitbeksoentjies” by Steve Hofmeyr?
The song “Tjoklitbeksoentjies” by Steve Hofmeyr was composed by STEVE HOFMEYR.

Most popular songs of Steve Hofmeyr

Other artists of Middle of the Road (MOR)