Groet sonder woorde

KOOS DU PLESSIS

Laat ons nie praat nie, die tyd is verby,
niemand is kwaad nie en albei is vry.
Kom kyk deur die ruite, die nag staan in blom,
woorde hoort buite, want hartseer is stom.
Lê jou kop hier teen my skouer
laat jou hart sy paaie gaan
stilweg word ons wys en ouer
eendag sal ons dalk verstaan.
Maar tot die ryp kraak onder skoene
wat geen ander haard of tuiskoms ken
gun ek my nog visioene
van een wat die hele wêreld wen.
Jy hoor my nie meer nie, ek sê maar totsiens
Ek sal jou nie steur nie, ek loop ongesiens,
want jy is in oorde waar drome nog blom,
ek groet sonder woorde, want hartseer is stom.
En jy is in oorde waar drome nog blom,
ek groet sonder woorde, want hartseer is stom

Trivia about the song Groet sonder woorde by Theuns Jordaan

When was the song “Groet sonder woorde” released by Theuns Jordaan?
The song Groet sonder woorde was released in 2006, on the album “Jukebox Medley:- Kalbassies; Groet Sonder Woorde; Travel In Staail; Hex-Vallei; City/Stad; Meisie Sonner Sokkies; Die Skoene Moet Jy Dra”.
Who composed the song “Groet sonder woorde” by Theuns Jordaan?
The song “Groet sonder woorde” by Theuns Jordaan was composed by KOOS DU PLESSIS.

Most popular songs of Theuns Jordaan

Other artists of Middle of the Road (MOR)