Wie Weet

Diep diep in die bosse
Is 'n poort na 'n vergete land
Waar ons stil dae sluit
Leef en droom

En swyend luister
Na die voet val van die tyd
Teen skemer aand
As hoop weer fluister

Wie weet?
Iewers is daar dalk 'n land van rus en wie weet?
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eintlik rus en as daar is
Neem my saam
Neem my saam

Diep diep in die bosse
Is 'n poort na 'n vergete land
'n Eden half voltooi

Half gevul deur halwe vrede
Waar die son nog skaans kan loer
Kom kniel en wyk
Voor half gebede

Wie weet?
Iewers is daar dalk 'n land van rus en wie weet?
Waar die vlugling veilig is
Waar die swerwer eintlik rus en as daar is
Neem my saam
Neem my saam

Sê my
Is daar iewers dalk 'n land van rus en sê my?
Is daar vêr 'n vreemde kus?
Waar die swerwer eintlik rus en as daar is
Neem my saam
Neem my saam

Neem my saam

Trivia about the song Wie Weet by Theuns Jordaan

When was the song “Wie Weet” released by Theuns Jordaan?
The song Wie Weet was released in 2006, on the album “Wie Weet”.

Most popular songs of Theuns Jordaan

Other artists of Middle of the Road (MOR)