Hillbrow

Ou man sit by die straatkafees
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Die boemelaars raas by die Wimpy Bar
Fontana is oop tot laat in die aand

Kaalvoet kinders in die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand
Hou dan die hand
Hou oop die hand

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow

Uit Quartzstraat hoor ek 'n meisie my roep
Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek?
Ken ek vir Jesus, vra 'n man op die stoep?
Tussen Hillbrow Records en Estoril Books

En dis lank na twaalf-uur
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy seine in die dag
Sy sein vir die junkies wat wag

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan
In die Chelsea Hotel
Stemme en musiek
Klink in elke woonstel

En ons sit in die son en ons drink wyn
Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra, ja

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Komaan gee jou hart vir Hillbrow

Trivia about the song Hillbrow by Theuns Jordaan

When was the song “Hillbrow” released by Theuns Jordaan?
The song Hillbrow was released in 2006, on the album “Hillbrow”.

Most popular songs of Theuns Jordaan

Other artists of Middle of the Road (MOR)