Huise Van Glas

Kyk die mense in die strate
Dokters, staats amptenare
Almal dra geheime in die mou

Soos papierpoppe op kaarte
Word ons leeg en sonder harte
En daar's niemand wat 'n ander meer vertrou

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons?
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom

O moet nie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas

Kyk die nuus in die koerante
Oordeel van alle kante
Is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil?

En die mense praat en skinder
Oor die dinge wat hul hinder
Maak nie saak wie huil nie dis die styl

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog?
En staar ons altyd blind in die van ons?
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom

O moet nie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas

Sê my waar is die broederliefde?
Dalk gesteel deur die nagdiewe
En al wat nou nog oorbly
Is verwyte en kritiek

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons?
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom

O moet nie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas

Trivia about the song Huise Van Glas by Theuns Jordaan

When was the song “Huise Van Glas” released by Theuns Jordaan?
The song Huise Van Glas was released in 2006, on the album “Huise Van Glas”.

Most popular songs of Theuns Jordaan

Other artists of Middle of the Road (MOR)