Jou Asem [Live]

THEUNS JORDAAN

Die eerste keer toe ek my kry
Stap jy woordeloos deur my verby
Jou ysblou oë kyk regdeur my

Die eerste keer toe ek jou sien
Weet ek ons is aanmekaar gebind
Tussen lyne sal jy my vind

Wanneer die oseane rus kry
Wanneer die storms weer gaan lê
Dan sleep die winde oor die water
Jou asem sag
En later, later
Hoor ek weer jou naam
En later, later
Weet ek jy verstaan

Met 'n hart van staal het ek jou kom haal
Jare later, voltooi dit ons verhaal
Ons praat mekaar se taal

En elke uur wat ons verspeel
Lê die tyd en wag dat ons dit deel
Die sirkel wat ons dit heel

Wanneer die oseane rus kry
Wanneer die storms weer gaan lê
Dan sleep die winde oor die water
Jou asem sag
En later, later
Hoor ek weer jou naam
En later, later
Weet ek jy verstaan

Sy roep
Na my, die engel wys waar ek haar sal kry
Sy vra
Na my
In 'n droom waar ek haar kry hoor ek my naam in haar gebed
My naam weerklink in haar gebed

In stilte sal ek jou vashou
Sonder ophou
Totdat jy onthou
Hoeveel ek van jou hou

Wanneer die oseane rus kry
Wanneer die storms weer gaan lê
Dan sleep die winde oor die water
Jou asem sag
En later, later
Hoor ek weer jou naam
En later, later
Weet ek jy verstaan

Later, later
Hoor ek weer jou naam
En later, later
Weet ek jy verstaan

En later
Hoor ek weer jou naam

Trivia about the song Jou Asem [Live] by Theuns Jordaan

When was the song “Jou Asem [Live]” released by Theuns Jordaan?
The song Jou Asem [Live] was released in 2006, on the album “Jou Asem”.
Who composed the song “Jou Asem [Live]” by Theuns Jordaan?
The song “Jou Asem [Live]” by Theuns Jordaan was composed by THEUNS JORDAAN.

Most popular songs of Theuns Jordaan

Other artists of Middle of the Road (MOR)