Die Wiel Het Gedraai

Die liefde was vir my 'n klug
Ek het altyd ver van liefde gevlug
Ek het teveel seergekry
Soveel letsels dra ek nou saam met my

Ek het man alleen my storie oor vertel
Sou ek maar net die toekoms kon voorspel

Die wiel het gedraai, gedraai
Die oomblik toe jy my hart raak
Wie sou dit kon raai, kon raai?
Dat liefde vir my ook saak maak

Kyk hier lê dié hart van my
Hy't hard geval vir jou
Die wiel het gedraai, gedraai, gedraai
Wie sou dit ooit kon raai?

En nou't my oë oop gegaan
Dit voel of ek nou liefde kan verstaan
Vra my hart hy sê vir my
Die gevoel van liefde sal vir altyd bly

Daar's nou iemand wat my storie saam vertel
My sielsgenoot my hoop my beste pel

Die wiel het gedraai, gedraai
Die oomblik toe jy my hart raak
Wie sou dit kon raai, kon raai?
Dat liefde vir my ook saak maak

Kyk hier lê die hart van my
Hy't hard geval vir jou
Die wiel het gedraai, gedraai, gedraai
Wie sou dit ooit kon raai?

Dit was donker vir so 'n lank tyd
Ek is oor die suur en spyt en kyk
En kyk hoe lyk ons nou

My wêreld het net nat gereën
Jou liefde het my hart kom seën en kyk, kyk hoe word ons een

Die wiel het gedraai, gedraai
Die oomblik toe jy my hart raak
Die wiel het gedraai, gedraai
Die oomblik toe jy my hart raak
Wie sou dit kon raai, kon raai? (Wie sou dit kon raai?)
Dat liefde vir my ook saak maak

Kyk hier lê die hart van my
Hy't hard geval vir jou
Die wiel het gedraai, gedraai, gedraai
Wie sou dit ooit kon raai?
Wie sou dit ooit kon raai?

Most popular songs of 4Werke

Other artists of Middle of the Road (MOR)