My Engel Pas My Op

As ek aanhou hardloop
Sal jy my kan kom vang?
Sal jy my kan beskerm?
Wat lag al is ek bang?

Kan my kop rus op jou skouers
Tot ek weer kan asem haal?
Sal jy my kan beskerm?
Voor die wêreld voel ek kaal

Ek weet ek vra jou baie meer as liefde om te gee
Vertrou op hom stadig tree vir tree

Ek vra jou my engel pas my op
Help om die seer kry te stop
Ek's deurmekaar my hart is swaar ek soek rigting in my kop

Ek vra jou my engel hou my vas
Daar's niemand wat beter by my pas
Ek's deurmekaar my hart is swaar ek soek rigting
My engel pas my op (O my engel pas my op)
Ek soek rigting
My engel pas my op

Soek jy na die waarheid in 'n wêreld vol van leuns?
Wag jy op jy jou ridder 'n held om op te steun?
Sal jy my vertrou veral tyd sonder twyfel in jou hart?
Sal jy weet ek is net langs jou as die wêreld jou uit tart?

Ek weet ek vra jou baie meer as liefde om te gee
Vertrou op hom stadig tree vir tree

Ek vra jou my engel pas my op
Help om die seer kry te stop
Ek's deurmekaar my hart is swaar ek soek rigting in my kop

Ek vra jou my engel hou my vas
Daar's niemand wat beter by my pas
Ek's deurmekaar my hart is swaar ek soek rigting
My engel pas my op (O my engel pas my op)
Ek soek rigting
My engel pas my op

Ek vra jou my engel pas my op
Ek vra jou my engel pas my op
Help om die seer kry te stop
Ek's deurmekaar my hart is swaar soek rigting in my kop

Ek vra jou my engel hou my vas
Daar's niemand wat beter by my pas
Ek's deurmekaar my hart is swaar ek soek rigting
My engel pas my op (O my engel pas my op)
Ek soek rigting
My engel pas my op (My engel pas my op)

Most popular songs of 4Werke

Other artists of Middle of the Road (MOR)