Niemand Sal My Uit Jou Arms Kan Haal Nie

Ek wil bly net waar ek is en dis by jou
Binne in my arms soos 'n vlag wat om jou vou
Ek wil jou by my hou

Almal het gesê dat ons nie sal oorleef
Maar ek kan jou verseker ek en jy is in beheer
Met tyd sal hulle leer

Jy's die vaste grond waarop ek kan bou
Jy's die anker wat my altyd reg ophou
Ons bly sterk deur die storms van die lewe
Saam met jou veg vir liefde jy's my inspirasie
Niemand sal jou uit my arms kan haal nie

Ek is sterker met jou by my
As ons drome vlerke sal kry jy's my inspirasie
Niemand sal jou uit my arms kan haal nie

Ek hoor die mense praat ek weet dit maak jou seer
Maar niks wat iemand sê sal my weg van jou kan skeur
Niemand kan ons keer

Jy's die vaste grond waarop ek kan bou
Jy's die anker wat my altyd regop hou
Ons bly sterk deur die storms van die lewe
Saam met jou veg vir liefde jy's my inspirasie
Niemand sal jou uit my arms kan haal nie

Ek is sterker met jou by my
As ons drome vlerke saam kry jy's my inspirasie
Niemand sal jou uit my arms kan haal nie

Ek glo die dag sal kom dat almal saam
Met ons sal staan
Ek glo die dag sal kom maar tot dan
Sal ek en jy saam bly staan

Deur die storms van die lewe
Saam met jou veg vir liefde
Jy's my inspirasie
Niemand sal jou uit my arms kan haal nie

Ek is sterker met jou by my
As ons drome vlerke saam kry
Jy's my inspirasie
Niemand sal jou uit my arms kan haal nie

Most popular songs of 4Werke

Other artists of Middle of the Road (MOR)