Hanne

Ek kyk die hanne die
Die twee hande van my
Waar het ek die
Twee hanne gekry

Ek kyk die hanne die
Die twee hanne van my
Die hanne raak oud maar daar's nog nie fout met die hanne van 'n ouman ja-nee

Ek kyk die hanne die
Hulle't hard gewerk
Doodmaak hanne die
Kan bid in die kerk

Ek kyk die hanne die
Hulle't te lank gewerk
Die hanne is hard, die hanne kan slat, die hanne van 'n ouman ja-nee

Kyk die palms van my
Was mos nooit vol geld
Hier loop die toekoms vir my
Nes paadjies deur die veld

Ek kyk die hanne van my
Hulle ken net nie geld
Klop aan die deure, is net vol vere, die hanne van 'n ouman ja-nee

Kyk die hanne die
Die hande van my
In my jonger dae
Het hulle lekker gekry

Ek kyk die hanne die
Die twee hande van my
Die hare geel het hulle gestreel, die hanne van 'n ouman ja-nee

Die hanne van 'n ouman ja-nee
Die hanne van 'n ouman ja-nee

Most popular songs of Theuns Jordaan

Other artists of Middle of the Road (MOR)