Vuurwerke
Als raak weg hier rondom my
Ek soek na woorde om die oomblik te beskryf
Als raak warm binne my
En al die spore het my hier na jou gely
Sit jou hand op my
En gee jou hart vir my, my liefling, my liefling
Ek hou my asem op
Daar's niks wat ons kan stop, my liefling ons begin
Laat jou lippe raak aan my, jou asem teen my nek
Al die sterre rondom ons in plek, soos vuurwerke
Laat jou hande oor my gly, jou lyfie teenaan my
Want vannaand is ek en jy so vry, soos vuurwerke
Jy kan my belofte kry
Dat tot die einde kom bly ek hier aan jou sy
Jy is net die een vir my
Ek het die antwoord op my wens in jou gekry
Sit jou hand op my
Gee jou hart vir my, my liefling, my liefling
Ek hou my asem op
Daar's niks wat ons kan stop, my liefling ons begin
Laat jou lippe raak aan my, jou asem teen my nek
Al die sterre rondom ons in plek, soos vuurwerke
Laat jou hande oor my gly, jou lyfie teenaan my
Want vanaand is ek en jy so vry, soos vuurwerke
En als ontplof in my
Die hemel brand om jou en my
Die sterre vlieg verby
Soos vuurwerke
Laat jou lippe raak aan my, jou asem teen my nek
Al die sterre rondom ons in plek, soos vuurwerke
Laat jou hande oor my gly, jou lyfie teenaan my
Want vanaand is ek en jy so vry, soos vuurwerke
Laat jou lippe raak aan my jou asem teen my nek ( Soos vuurwerke )
Al die sterre rondom ons in plek, soos vuurwerke
Laat jou hande oor my gly, jou lyfie teenaan my ( Soos vuurwerke )